SING SAAM
Pikinini Potjie bied VOEDSEL VIR DIE VLEES EN VOEDSEL VIR DIE SIEL aan. Die Pikinini-langtafel is 'n tradisionele manier om familie nader aan mekaar te bring, waar vriende 'n hegte familie word en almal die liefde geniet om kos te geniet en voor te berei.
Met Pikinini Potjie as gasheer kan u die nostalgie van 'n ware gesinsontbyt, middagete of aandete herleef. Ja, Pikinini Potjie is so buigsaam soos u verbeelding, want alles wat u kan bedink, kan kook.
ENIGE VOEDSEL VIR GEDAGTE.
Daar kom die Alibama
Daar kom die Alibama, die Alibama die kom oor die see.
Daar kom die Alibama, die Alibama die kom oor die see. Nooi, nooi, die rietkooi, nooi, die rietkooi is gemaak, die rietkooi is vir my gemaak om daarop te slaap.
Nooi, nooi, die rietkooi, nooi, die rietkooi is gemaak, die rietkooi is vir my gemaak om daarop te slaap.
Die Alibama, die Alibama, die Alibama kom oor die see.
Die Alibama, die Alibama, die Alibama kom oor die see.
Daar kom die Alibama, die Alibama die kom oor die see.
Daar kom die Alibama, die Alibama die kom oor die see.
Die Alibama, die Alibama, die Alibama kom oor die see.
Die Alibama, die Alibama, die Alibama kom oor die see.
Daar Oorkant die Spruit
Daar oorkant die spruit staan 'n mooi rooi blom.
Hoe sal ek maak om by haar te kom?
Dis te ver om te loop, dis te na om te ry.
Hoe sal ek maak om die blom te kry?
[REFREIN]
Dis nie myne nie, dis nie joune nie,
dis anderman se goed wat jy om stry.
Dis nie myne nie, dis nie joune nie,
dis anderman se goed wat jy om stry!
Daar bo op die kop staan 'n bloedrooi roos.
Wie sal ooit vir my kan troos?
Dis te ver om te loop, dis te na om te ry.
Hoe sal ek maak om die roos te kry?
[REFREIN]
Bokkie
Die trane die rol oor jou, Bokkie,
die trane die rol oor jou, Bokkie.
Daar waar die son en die maan ondergaan,
Bokkie ons moet huis toe gaan.
Nee, nee, nee, my Dolla, nee!
Nee, my Dolla, nee! Nee, my Dolla, nee!
Nee, nee, nee, my Dolla, nee!
Ek lol nie met 'n loskop Dolla nie.
MY HARTJIE, MY LIEFIE
My hartjie, my liefie, die son sak weg,
die son sak weg, die son sak weg.
My hartjie, my liefie, die son sak weg
daar onder by die blou berge.
[REFREIN]
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi'ntjie gaan vry;
Sy is so mooi en so liefies vir my.
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi'ntjie gaan vry;
daar onder by die blou berge.
My hartjie, my liefie, die maan kom op,
die maan kom op, die maan kom op.
My hartjie, my liefie, die maan kom op
daar onder by die blou berge.
[REFREIN]
SUIKERBOSSIE
Suikerbossie, 'k wil jou hê,
Suikerbossie, 'k wil jou hê,
Suikerbossie, 'k wil jou hê;
wat sal jou mamma daarvan sê?
Dan loop ons so onderdeur die maan,
dan loop ons so onderdeur die maan,
dan loop ons so onderdeur die maan
ek en my Suikerbossie saam!
Sy kan nie kos kook nie, haar kos is rou;
sy kan nie tee maak nie, haar tee is flou;
sy kan nie brood bak nie, dis als verbrou:
tog wag ek, Suikerbossie, net vir jou!
O Siena, ek's lief vir jou;
Siena, ek's lief vir jou,
Siena, ek's lief vir jou;
Siena, wat sê jou mamma nou?
MÔRE OOMPIE, MÔRE TANNIE
Môre Oompie, môre Tannie, waar is Sannie dan?
Sannie het gaan water haal daar onder by die dam.
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
Haar rokkie het 'n skeurtjie in; die jonkman kyk daarna.
Die jonkman vra om met Sannie te trou;
en skaamrig sê sy: "Ja".
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
HIER'S EK WEER
Hier's ek weer, hier's ek weer
met my rooirok voor jou deur,
en ek wil jou hê, en ek sal jou kry.
Hier's ek weer, hier's ek weer met my rooirok voor jou deur,
en ek wil jou hê, en ek sal jou kry.
Al slaan jou ma my driemaal oor my kop,
dan staan ek op en kom ek weer.
Al slaan jou ma my driemaal oor my kop,
dan staan ek op en kom ek weer.
3/4 TYD
AL DIE VELD IS VROLIK
Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;
al die kriekies kriek daarbuit'; elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;
hier galop 'n goggatjie, daarso dans 'n mier.
[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly
DUITS-WES WALS
Duitswes is lekker, Duitswes is goed.
Duitswes is vol van die boertjie se bloed.
Al trek ons sonder water, en trek ons sonder kos.
Dan weet ons die boertjies die gaan ons verlos.
Koor
Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok,
dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok,
dis die rooi rok wat swaai.
Ons kommandantjie is 'n klein Joubert.
Hy trek met ons haastig, hy trek met ons ver.
Hy trek deur die bosrand met 'n grote gevaar.
Ons hempies is stukkend, ons broekies is klaar.
Koor
Klein kommandantjie en 'n groot generaal.
Hulle trek met ons daar uit ou ver Wes Transvaal.
Ons drink eers 'n sopie, dan gaan ons weer weg.
Dan gaan ons ook moedig teen die platpote veg.
Koor
My diertjie die huil nou, haar hartjie die blus.
Haar soetlief is nie hier nie, maar ver in Duitswes.
Duitswes word donker, Duitswes word goed.
Duitswes word donker, van die Germanse bloed.
Koor x 2
DIS HEERLIKE LENTE
Dis heerlike lente, die winter's verby;
weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.
Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
VAARWEL MY EIE SOETELIEF
Vaarwel, my eie soetelief,
'k moet ver, ver hiervandaan.
Betreur my nie, my soetelief,
dat ek so ver moet gaan.
Ek sal jou nooit, nee nooit vergeet;
ek bly my soetlief trou.
Waar ek op aarde ook swerwe moet,
tog dink ek steeds aan jou.
BY POTCHEFSTROOM VLOEI 'N WATERSTROOM
By Potchefstroom vloei 'n waterstroom, haai, haai, joegaai!
Daar staan 'n groot ou akkerboom, haai, haai, joegaai!
Daar het reeds menig vroom student, haai, haai, joegaai!
sy liefde beloof, die onnosele vent,
of afjak gekry en sy bakkies geskend,
en skielik ontwaak uit sy lentedroom.
Pasop vir die ou akkerboom!
Daar waar die bloue pieke troon, waar die kwaai professor woon, daar is ons eie P - O - K; maar ons hou altyd jolyt, jolyt!
By Potchefstroom vloei 'n waterstroom, haai, haai, joegaai!
Daar staan 'n groot ou eikeboom, haai, haai, joegaai!
Daar het reeds menig vroom student, haai, haai, joegaai!
sy liefde beloof, die onnosele vent, of afjak gekry en sy bakkies geskend, en skielik ontwaak uit sy lentedroom.
Pasop vir die ou eikeboom!
Joegaai!
AFRIKANERS IS PLESIERIG
Afrikaners is plesierig, dit kan jy my glo,
hulle hou van partytjies, en dan maak hulle so:
Eers draai die ou vroutjie en dan draai haar ou man,
en hy vat haar om haar lyfie en dan draai hulle saam.
Goeienag, my ou vroutjie, goeienag, my ou man!
Oor 'n week 'n partytjie, en dan draai ons weer saam.
AL LÊ DIE BERGE NOG SO BLOU
Al lê die berge nog so blou,
al lê die berge nog so blou,
al lê die berge nog so blou,
haar woorde sal ek steeds onthou.
Maar die moet julle darem weet,
maar die moet julle darem weet,
maar die moet julle darem weet,
haar woorde sal ek nooit vergeet.
Nou gaan sy weg met 'n lekker hart,
nou gaan sy weg met 'n lekker hart,
nou gaan sy weg met 'n lekker hart,
hier sit ek nou in pyn en smart.
Al woon my bokkie nog so ver,
al woon my bokkie nog so ver,
al woon my bokkie nog so ver,
dan troos ek my aan die môrester.
HOE RY DIE BOERE?
Hoe ry die Boere? Sit, sit, so! Sit, sit, so! Sit, sit, so!
Hoe ry die Boere? Sit, sit, so! Sit, sit, so! Hoera!
Die Kaapse nooi sê: Ting-e-ling-e-ling! Ting-e-ling-e-ling, hoera! Die Kaapse nooi sê: Ting-e-ling-e-ling! Ting-e-ling-e-ling, hoera! Hoe ry die Boere? Sit, sit, so! Sit, sit, so! Sit, sit, so!
Hoe ry die Boere? Sit, sit, so! Sit, sit, so! Hoera!
KAAPSE DRAAI
Kyk hoe maak die kêrel daar 'n Kaapse draai,
Kaapse draai, Kaapse draai.
Kyk hoe ry die kêrel dat die stof so waai,
stof so waai, ai, ai.
Luister na die perde, dit galop, galop;
en die kar se wiele, dit gaan om, gaan om.
Selfs die draaghout antwoord met 'n klop, klop, klop;
en die kêrel skree hardop: "Pas op, ek kom!"
Wag vir my 'n bietjie by die Kaapse draai,
Kaapse draai, Kaapse draai.
Ek wil met jou saamry na Saldanhabaai,
ai, ai, ai, ai, ai.
DIE BLINK VOSPERD
O, ek het 'n perd, 'n blink vosperd
met 'n splinternuwe saal;
en ek klim op my perd, my blink vosperd,
en ek kom om jou te haal.
Want jy't gesê as ek jou wil hê
dan moet ek jou kom haal
op 'n mooi ryperd, 'n blink vosperd, met 'n splinternuwe saal; op 'n mooi ryperd, 'n blink vosperd, met 'n splinternuwe saal.
DIE KAT KOM WEER
Ou Jan Wilson had 'n kat wat die ou nie wou verlaat;
Hy't alles geprobeer om die kat daar weg te keer;
selfs na die predikant om raad van hom te kry.
Die predikant die het gesê: "Die kat moet daar bly."
[REFREIN]
Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer, net die volgende dag,
die kat kom weer--o glo vir my dis waar--
die anderdagmôre was die kat weer daar.
Hulle sit hom op 'n skip en hul stuur hom na Ceylon.
Die skip die was gelaai met 'n twaalfduisend ton.
Nie ver nie van die land daar het die skip gesink;
en al die matrose op die skip het verdrink.
[REFREIN]
DIE MANNETJIE
Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie;
hy is so klein en so skraal.
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
en stap na sy werk vir die honderdste maal.
Langs die bome en blink watervore sing hy so ver as hy gaan, want gister is 'n baba gebore, en hy is die vader daarvan.
Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
hy dink aan 'n naam vir sy seun.
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou vader
dat die kind na sy oupa moet heet:
Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
en daarby Kasparus Bart Keet.
AANSTAP ROOIES
Aanstap rooies! Die pad is lank en swaar,
die mense wag al daar en die koffie is al klaar.
O, laat julle kwassies swaai, swaai, laat julle kwassies swaai, wieg julle koppe fraai en laat die wiele draai.
Uitspan kêrels, die dag se skof was ver,
die son trek lankal water, daar blink die awendster.
O steek maar die vure aan, aan, steek maar die vure aan,
en in die helder maan sal ons vannag hier staan.
DIE VROLIKE MUSIKANT
My vader was 'n musikant, 'n man van durf en daad,
met stem en snaar, viool, kitaar was hy altyd kordaat.
Wal-de-rie, wal-de-ra,
wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la.
Wal-de-rie, wal-de-ra, was hy altyd kordaat.
My moeder was 'n musikant, 'n niggie fiets en fraai;
met bly gemoed en lig van voet kon sy ook tiekiedraai.
Wal-de-rie, wal-de-ra,
wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la.
Wal-de-rie, wal-de-ra, kon sy ook tiekiedraai.
En nou is ek 'n musikant, hoe kan dit anders wees!
Ek speel soos pa en dans soos ma--die skoen pas by die lees. Wal-de-rie, wal-de-ra,
wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la.
Wal-de-rie, wal-de-ra, die skoen pas by die lees.
DAAR KOM DIE WA
Daar kom die wa, die vierperdewa!
Hy het nie naam nie, sy naam moet hy nog kry.
Tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai,
tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai.
[1] Daar kom die wa, die vierperdewa!
Hy kan nie hou nie, hy's glad te swaar gelaai.
Hokaai, hokaai, by die draai--een om af te laai;
Hokaai, hokaai, briek aandraai, stilhou by die draai.
VAT JOU GOED EN TREK
Vat jou goed en trek Ferreira, vat jou goed en trek!
Agter die bos is 'n klompie perde, vat jou goed en trek!
Swaar dra, al aan die een kant,
swaar dra, al aan die een kant,
swaar dra, al aan die een kant,
vat jou goed en trek!
SAAI DIE WAATLEMOEN
Saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen!
My mamma roei in die skuitjie,
my pappa blaas 'n fluitjie,
my boetie draai die orreltjie,
saai die waatlemoen!
Braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen.
My tannie dra 'n kruikie
vol water uit die spruitjie,
sy saai 'n koringkorreltjie,
en kry 'n boerpampoen!
TANT HESSIE SE WITPERD
Kyk, hoe ry tant Hessie se witperd,
Hessie se witperd, Hessie se witperd!
Kyk, hoe ry tant Hessie se witperd;
Hessie se witperd bo!
Julle maak verniet tant Hessie se witperd sleg;
tant Hessie se witperd maak die hele wêreld reg.
O kyk, hoe ry tant Hessie se witperd,
Hessie se witperd, Hessie se witperd!
Kyk, hoe ry tant Hessie se witperd;
Hessie se witperd bo!
TREKLIEDJIE
Die sweep het geklap en die wawiele draai
agter die rooispan aan.
Ons hart is swaar; die skeiding is daar
van die plaas waar ons tuiste staan.
Trek oor die vlakte en trek oor die rand.
Stadig nou! Briek aandraai!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!
Uitspan vanaand, uitspan vanaand,
uitspan op Mooifontein!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!
Met jou aan my sy, o liefste van my,
dan vrees ek geen gevaar.
Die wildernis in om die vryheid te win;
daar word ons drome waar.
Trek oor die vlakte en trek oor die rand.
Stadig nou! Briek aandraai!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!
Uitspan vanaand, uitspan vanaand,
uitspan op Mooifontein!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!
SOLANK AS DIE RIETJIE
Solank as die rietjie in die water lê,
in die water lê, in die water lê,
solank as die rietjie in die water lê
blommetjie, gedenk aan my.
ek vat haar aan haar handjie,
en ek lei haar om die rantjie,
blommetjie, gedenk aan my.
Ek vat haar om haar nekkie,
en ek soen haar op haar bekkie,
blommetjie, gedenk aan my,
DIE OUKRAAL-LIEDJIE
Jy met jou mandolientjie,
ek met my bandolientjie,
sing ons die Oukraal-liedjie saam;
sing ons van waterstrome,
slange in olienhoutbome
en 'n ribbok wat daar teen die rantjie staan.
Ons sing, (ons sing,)
ons speel (ons speel)
van die Oukraal wat ons nooit nie sal verveel, sal verveel.
Jy met jou mandolientjie,
ek met my bandolientjie,
sing ons die Oukraal-liedjie saam.
OU TANTE KOBA en BOBBEJAAN KLIM DIE BERG
Ou tante Koba, sy was so dom,
sy roer haar koffie met haar groottoon om.
Tie-rie-rie-ra, die-rie ram-pam-pa!
Tie-rie-rie-ra, die-rie-rampam-pa!
Ou tante Koba, maak oop die deur;
jou man se broek sit vas in die skeur.
Tie-rie-rie-ra, die-rie ram-pam-pa!
Tie-rie-rie-ra, die-rie-rampam-pa!
Bobbejaan klim die berg,
so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg,
so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg om die boere te vererg.
Hoera vir die jollie bobbejaan!
O moenie huil nie, o moenie treur nie,
die Stellenbosse boys kom weer.
O moenie huil nie, o moenie treur nie,
die Stellenbosse boys kom weer.
VANAAND GAAN DIE VOLKIES
Vanaand gaan die volkies koring sny, koring sny,
en vanaand gaan die volkies koring sny, koring sny.
My geliefde hang in die bos,
my geliefde hang in die bos,
my geliefde hang in die bitterbessiebos!
Vanaand gaan die volkies koring sny, koring sny,
en vanaand gaan die volkies koring sny, koring sny.
My geliefde hang in die bos,
my geliefde hang in die bos,
my geliefde hang in die bitterbessiebos!
HANSIE SLIM
Hansie slim, berg wil klim,
gaan die wye wêreld in.
Stok en hoed pas hom goed,
hy is vol van moed.
Maar sy ma wil hom gaan haal,
Hans het dalkies al verdwaal!
Moeder sug, so bedug:
"Hansie kom tog t'rug".
Hansie swoeg, baie moeg,
hoog geklim, dit is genoeg!
Omdraai nou, 'k sê vir jou,
bergklim nie weer gou!
Tuis smeer ma die salfies aan,
Hans voel gou weer pure man!
Eerste keer, les geleer,
eendag weer probeer!